Welkom by Laerskool Louis Leipoldt 

Besoek Laerskool Louis Leipoldt op Facebook 
Besoek ons op Facebook.

Hierdie week se nuusbrief

 

 

6 Junie - Inligtingsdag gr 1 vir 2013 - dit is nie 'n opedag slegs ouers vir inligting - Opedag volg in September

14 Mei tot 22 Junie - Inskrywings vir Gr 1 en R asook herregistrasie vir gr 2 - 7

 

 

Kooroptrede - 5 Mei ATKV Koorfees

 

 

BELANGRIKE INLIGTING: VOORNEMENDE 2013 LEIPIE OUERS  

 

INSKRYWINGS

 

Inskrywings open Maandag 14 Mei en sluit 22 Junie.  Kom skryf asb betyds in om teleurstelling te voorkom.  Betaal asb die R1000-00 aanvangsfooi so gou moontlik.  Dit word afgetrek van die skoolfonds vir 2013. 

 

GRAAD EEN OPEDAG – 6 JUNIE: 

 

Ons opedag vind 6 Junie van 8:00-9:00 plaas.  ‘n Kort inligtingsessie word in die saal gehou vir die ouers.  Geen Gr R leerders woon dit by nie. Ingeskrewe leerders gaan wel later die jaar ‘n uitnodiging ontvang na ‘n verwelkomingsdag.   

 

Die skoolbenodigdhedepakkette sal later die jaar by 10/10 Skryfbehoeftes beskikbaar wees. 

 

Leipiegroete

 

Hoof en Personeel 

 

 

Revue 2012 "Omdat ons omgee" is vir gr 4 - 7 leerders. Gr R - 3 kom volgende jaar aan die beurt. Gr 4 - 7 leerlinge kan nog registreer - sien die registrasievormpie op hierdie week se nuusbrief.

NB Ouers moet kennis neem dat die nuwe skoolbaadjie in die winter gedra moet word. Die windbrekers en vorige sweetpakbaadjies is nie meer skooldrag nie Truie en moulose truie kan gedra word. Wintersdrag is grys langbroeke vir seuns en dogters met swart skoolskoene en grys (vir die dogters blou of grys) kouse.

 

 

Wenners van die 7's toernooi

 

 

21 Feb Internasionale Moedertaalonderrigdag

 

 

 

Tweelinge in ons skool 2012

 

Tweelinge in ons skool 2012

 

HELP
Ons is op soek na mamma's en ouma's wat kan help by die Woema Wurms (Sien onder aan die inskrywings vorms asb.)
Ons deel die kinders in groepe van so 5 tot 10 kinders in.

Vir enige navrae skakel gerus vir
Mary-Ann Kok by 082 467 6731 of
Zelda Skea by 082 838 2688

 

 

Red Afrikaanse skole

- 'n veldtog deur AfriForum - Versprei asseblief hierdie e-pos.

Die regering wend tans hernieude pogings aan om Afrikaans as onderrigmedium in openbare skole te ondermyn.

Byvoorbeeld: Al drie Afrikaanse skole in Fochville word nou gedwing om te verengels. Dit, terwyl die Engelse leerlinge in een van die drie skole geakkommodeer kon word.

AfriForum gaan R50 000 skenk om hierdie saak in die hof te beveg.

Jy kan ook help!

  • Skenk R10 vir die regsaksie teen die departement van basiese onderwys se magsmisbruik deur die woord "SKOOL" na 38655 te SMS. 
  • Neem deel aan die beheerliggaamverkiesing by skole wat in Maart 2012 plaasvind. 
  • Plaas jou kinders in Afrikaanse skole. 
  • Ondersteun onderwysorganisasies soos Fedsas en die SAOU. 
  • Teken AfriForum se petisie ten gunste van Afrikaanse skole by www.afriforum.co.za. 
Vir meer besonderhede, skakel AfriForum by 086 10 200 30. 

 

 

Skooltye
Begin 07:30
Sluit:
Gr R Maandae tot Vrydae 12:30
Wagklas 13:00
Gr 1 Maandae en Vrydae 12:30
Dinsdae, Woensdae en Donderdae   13:00
Wagklas - Maandae tot Donderdae 13:30
Wagklas - Vrydae 13:00
Gr 2 Maandae tot Donderdae 13:00
Vrydae 12:30
Wagklas - Maandae tot Donderdae 13:30
Wagklas - Vrydae 13:00
Gr 3 Maandae en Woensdae 13:30
Dinsdae, Donderdae en Vrydae 13:00
Wagklas - Maandae tot Donderdae 13:30
Wagklas - Vrydae 13:00
Gr 4 - 7 Maandae tot Donderdae 13:30
Vrydae 13:00
Aktiwiteitsperiodes is by bogenoemde tye ingesluit
Pouses Eerste pouse 09:35 tot 09:55
Tweede pouse 11:55 tot 12:10

 

 

 

 

 

 

Ondersteun ons Borge:

Makro

McCarthy Toyota Centurion

Remax Jowic

10/10

Her-Annies

Hierdie webwerf word onderhou deur:
Globex Internet Services

Borge & Adverteerders

Kliek op prent om webblad te besoek.